
Saturday, February 16, 2008
Thursday, November 24, 2005
ek betreur jou (KANTELSON, 1966)
Ek betreur jou wasige liggaam
blou soos jou oë wasig en wyd die see
My hand van stof
kan jou nie behoed nie
kan skaars die pad verander
waarop jou neerslagtige voetstappe
moet rus in wier
My hand van stof
kan die rotse nie trotseer nie
Maar die meeue kan
blou soos jou oë wasig en wyd die see
My hand van stof
kan jou nie behoed nie
kan skaars die pad verander
waarop jou neerslagtige voetstappe
moet rus in wier
My hand van stof
kan die rotse nie trotseer nie
Maar die meeue kan
Hond, Kantelson (1966), vir Simone.
Ek lê onder jou hand - 'n brak
in die knorrende stilte
in die tjankende maan
getralie tussen die sterre, sy
in haar ontsettende
wit kom en gaan.
(Ek wou ook nog gaan hase jag
oor my eie karoo
oor my brandende vlakte
van oker tot oker, o
wit vlaktes van jou hande!)
Vanaand sal ek met my tande oop
ruk aan die sluwe ritme van die maan
luister na my soetheid en verte
my langluidende blaf
uit my hok; wit maan, wit baas,
in die nag.
in die knorrende stilte
in die tjankende maan
getralie tussen die sterre, sy
in haar ontsettende
wit kom en gaan.
(Ek wou ook nog gaan hase jag
oor my eie karoo
oor my brandende vlakte
van oker tot oker, o
wit vlaktes van jou hande!)
Vanaand sal ek met my tande oop
ruk aan die sluwe ritme van die maan
luister na my soetheid en verte
my langluidende blaf
uit my hok; wit maan, wit baas,
in die nag.
Ons (vir Andre) ROOK EN OKER, 1965
só sal jy afsterf van my
soos jou vergeefse saad
nakend soos water
brandblink soos
laat april
soos hande nakend
mooi soos sterflikheid
soos 'n laaste woord
treurig soos bloed
geen kleine dood
môre brandblink ons onverwek-
te saad môre
breek die bloeisels
nuwe meisies soos maagde
môre
sterf ek en jy
soos jou vergeefse saad
nakend soos water
brandblink soos
laat april
soos hande nakend
mooi soos sterflikheid
soos 'n laaste woord
treurig soos bloed
geen kleine dood
môre brandblink ons onverwek-
te saad môre
breek die bloeisels
nuwe meisies soos maagde
môre
sterf ek en jy
My pop val stukkend (ROOK EN OKER, 1965)
Die skaduwee waarsku die straat
geslinger uit 'n hoë balkon
deur die skaars jakarandas van die lug
die skaduwee waarsku die son
deur die lied van die penniefluitjies
geval op die dreunende straat
my pop met 'n naam soos 'n liggaam
wat net soos 'n mens kon praat
My pop soos 'n mossie geskiet
korrel-kaal van die vensterbank
of was dit die wind uit die verte
of was dit my eie hand
My pop het geval toe die son
sy brons klok lui uit die lug
toe die wolke die mure wit kalk
val die skaduwee daarin terug
Die skaduwee waarsku die son
porselein met die ver lug bo -
as ek sou val uit 'n hoë balkon
as ek sou breek lyk ek ook só
geslinger uit 'n hoë balkon
deur die skaars jakarandas van die lug
die skaduwee waarsku die son
deur die lied van die penniefluitjies
geval op die dreunende straat
my pop met 'n naam soos 'n liggaam
wat net soos 'n mens kon praat
My pop soos 'n mossie geskiet
korrel-kaal van die vensterbank
of was dit die wind uit die verte
of was dit my eie hand
My pop het geval toe die son
sy brons klok lui uit die lug
toe die wolke die mure wit kalk
val die skaduwee daarin terug
Die skaduwee waarsku die son
porselein met die ver lug bo -
as ek sou val uit 'n hoë balkon
as ek sou breek lyk ek ook só
Toemaar die donker man, ROOK EN OKER (1963)
Op die groen voetpad
van die horison ver
om die aarde skat,
stap 'n ou man wat'
n oop maan dra in sy hare
Nagtegaal in sy hart
jasmyn gepluk vir sy oop knoopsgat
en 'n rug gebuk aan sy jare.
Wat maak hy, mammie?
Hy roep die kriekies
Hy roep die swart
stilte wat sing
soos die biesies, my hart
en die sterre wat klop
tok-tok liefling,
soos die klein toktokkies
in hul fyn-ver kring.
Wat is sy naam, mammie?
Sy naam is Sjuut
Sy naam is Slaap
Meneer Vergeet uit die land van Vaak
Sy naam is toe maar
hy heet, my lam
Toe maar, die donker man
van die horison ver
om die aarde skat,
stap 'n ou man wat'
n oop maan dra in sy hare
Nagtegaal in sy hart
jasmyn gepluk vir sy oop knoopsgat
en 'n rug gebuk aan sy jare.
Wat maak hy, mammie?
Hy roep die kriekies
Hy roep die swart
stilte wat sing
soos die biesies, my hart
en die sterre wat klop
tok-tok liefling,
soos die klein toktokkies
in hul fyn-ver kring.
Wat is sy naam, mammie?
Sy naam is Sjuut
Sy naam is Slaap
Meneer Vergeet uit die land van Vaak
Sy naam is toe maar
hy heet, my lam
Toe maar, die donker man
Ek herhaal jou, ROOK EN OKER (1963) vir Uys Krige, Jack Cope
Ek herhaal jou
sonder begin of einde
herhaal ek jou liggaam
Die dag het 'n smal skadu
en nag geel kruise
die land sonder aansien
en die mense 'n ry kerse
terwyl ek jou herhaal
met my borste
wat die holtes van jou hande namaak
sonder begin of einde
herhaal ek jou liggaam
Die dag het 'n smal skadu
en nag geel kruise
die land sonder aansien
en die mense 'n ry kerse
terwyl ek jou herhaal
met my borste
wat die holtes van jou hande namaak
Lied van die lappop (Uit versamelde werke, perskor 1975, ONTVLUGTING, 1956)
Ek is die lappop wat nie praat
en maak net op jou liefde staat
Saans lê ek blind en stil en doof
en lig nie meer my semel-hoof
My hande roer nie en my lyf
word met jou weggaan koud en styf
Sonder jou hulp kan ek nie loop:
jy het my sommerso gekoop
en sal my nog een Guy Fawkes-nag
goedmoeds verbrand en daaroor lag.
Ek is die lappop sonder gees
My pyn jou luid gevierde fees.
en maak net op jou liefde staat
Saans lê ek blind en stil en doof
en lig nie meer my semel-hoof
My hande roer nie en my lyf
word met jou weggaan koud en styf
Sonder jou hulp kan ek nie loop:
jy het my sommerso gekoop
en sal my nog een Guy Fawkes-nag
goedmoeds verbrand en daaroor lag.
Ek is die lappop sonder gees
My pyn jou luid gevierde fees.
Op die pad na die dood
Op die pad na die dood loop jou naam, Christus.
Die hart van jou oe klop op die lippe van kinders.
Die geslagte van jou woorde le in sugte van minnaars
tot in die laaste voue van die vreugde Amen.
Openbaring, betekenis, murg en gebeente, taal;
Segger van die droom, tolk van die Allerhoogste,
in jou oe het ek die ewigheid gesien sonder verte
het ek gedaal tot op die uiterste klankbodems van God.
Meester, by die voorhangsel van die daeraad
met my eie dood op my tong gee ek jou terug
aan die lewe, met my bebloede naam, bespot,
gekruisig, werkwoord van die liefde, Judas Iskariot.
Die hart van jou oe klop op die lippe van kinders.
Die geslagte van jou woorde le in sugte van minnaars
tot in die laaste voue van die vreugde Amen.
Openbaring, betekenis, murg en gebeente, taal;
Segger van die droom, tolk van die Allerhoogste,
in jou oe het ek die ewigheid gesien sonder verte
het ek gedaal tot op die uiterste klankbodems van God.
Meester, by die voorhangsel van die daeraad
met my eie dood op my tong gee ek jou terug
aan die lewe, met my bebloede naam, bespot,
gekruisig, werkwoord van die liefde, Judas Iskariot.
Bitterbessie dagbreek
Bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
'n spieel het gebreek
tussen my en hom
Soek ek na die grootpad
om daarlangs te draf
oral draai die paadjies
van sy woorde af
Dennebos herinnering
dennebos vergeet
het ek ook verdwaal
trap ek in my leed
Pappegaai- bont eggo
kierang kierang my
totdat ek bedroe
weer die koggel kry
Eggo is geen antwoord
antwoord hy alom
bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
bitterbessie son
'n spieel het gebreek
tussen my en hom
Soek ek na die grootpad
om daarlangs te draf
oral draai die paadjies
van sy woorde af
Dennebos herinnering
dennebos vergeet
het ek ook verdwaal
trap ek in my leed
Pappegaai- bont eggo
kierang kierang my
totdat ek bedroe
weer die koggel kry
Eggo is geen antwoord
antwoord hy alom
bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
Swanger vrou
Ek le onder die kors van die nag singend,
opgekrul in die riool, singend,
en my nageslag le in die water.
Ek speel ek is kind:
appelliefies, appelliefies en heide,
koekmakrankas, anys,
en die paddavis gly
in die slym in die stroom,
in my liggaam
my skuimwit gestalte;
maar riool o riool,
my nageslag le in die water.
Nog singend vliesrooi ons bloedlied,
ek en my gister,
my gister hang onder my hart,
my kalkoentjie, my wiegende wereld,
en my hart wat sing soos 'n besie,
my besie-hart sing soos 'n besie;
maar riool, o riool,
my nageslag le in die water.
Ek speel ek is bly:
kyk waar spat die vuurvlieg!
die maanskyf, 'n nat snoet wat beef-
maar met die more, die hinkende vroedvrou
koulik en grys op die skuiwende heuwels,
stoot ek jou uit deur die kors van die daglig,
o treurende uil, groot uil van die daglig,
los van my skoot maar besmeer
met my trane besmeer
en besmet met verdriet.
Riool, o riool,
ek le bewend singend,
hoe anders as bewend
met my nageslag onder jou water...?
opgekrul in die riool, singend,
en my nageslag le in die water.
Ek speel ek is kind:
appelliefies, appelliefies en heide,
koekmakrankas, anys,
en die paddavis gly
in die slym in die stroom,
in my liggaam
my skuimwit gestalte;
maar riool o riool,
my nageslag le in die water.
Nog singend vliesrooi ons bloedlied,
ek en my gister,
my gister hang onder my hart,
my kalkoentjie, my wiegende wereld,
en my hart wat sing soos 'n besie,
my besie-hart sing soos 'n besie;
maar riool, o riool,
my nageslag le in die water.
Ek speel ek is bly:
kyk waar spat die vuurvlieg!
die maanskyf, 'n nat snoet wat beef-
maar met die more, die hinkende vroedvrou
koulik en grys op die skuiwende heuwels,
stoot ek jou uit deur die kors van die daglig,
o treurende uil, groot uil van die daglig,
los van my skoot maar besmeer
met my trane besmeer
en besmet met verdriet.
Riool, o riool,
ek le bewend singend,
hoe anders as bewend
met my nageslag onder jou water...?
By die Goodwood-tentoonstelling
Hul het my uitgekies en ingetroon
tot hierdie tronk waarin ek woon
waarom hul daagliks, vry nog, gaan
en nie my stom kreet kan verstaan.
'n Eerste prys hang om my nek
maar saans verlang ek halfpad gek
terug na die kudde, weg van hul lof
na die Karoo-veld en die stof
waar ek nog trots teen die aandwind staan
een van die duisende sonder naam,
sonder die juk van die roem of die dors
en die Eerste Prys op my bors
tot hierdie tronk waarin ek woon
waarom hul daagliks, vry nog, gaan
en nie my stom kreet kan verstaan.
'n Eerste prys hang om my nek
maar saans verlang ek halfpad gek
terug na die kudde, weg van hul lof
na die Karoo-veld en die stof
waar ek nog trots teen die aandwind staan
een van die duisende sonder naam,
sonder die juk van die roem of die dors
en die Eerste Prys op my bors
Ontvlugting
Uit hierdie Valkenburg het ek ontvlug
en dink my nou in Gordonsbaai terug:
Ek speel met paddavisse in 'n stroom
en kerf swastikas in 'n rooikransboom
Ek is die hond wat op die strande draf
en dom-allenig teen die aandwind blaf
Ek is die seevoel wat verhongerd daal
en dooie nagte opdis as 'n maal
Die god wat jou geskep het uit die wind
sodat my smart in jou volmaaktheid vind:
My lyk le uitgespoel in wier en gras
op al die plekke waar ons eenmaal was.
en dink my nou in Gordonsbaai terug:
Ek speel met paddavisse in 'n stroom
en kerf swastikas in 'n rooikransboom
Ek is die hond wat op die strande draf
en dom-allenig teen die aandwind blaf
Ek is die seevoel wat verhongerd daal
en dooie nagte opdis as 'n maal
Die god wat jou geskep het uit die wind
sodat my smart in jou volmaaktheid vind:
My lyk le uitgespoel in wier en gras
op al die plekke waar ons eenmaal was.
Subscribe to:
Posts (Atom)
